saadjie

alleen in stille donker het hy begin

sodat ék eendag sy herkoms besin

minerale en water, vrugbaarheid goed

geduldig, geduldig is hy gevoed

versteke, vergete, vér buite sig

van saadjie tot wortel, asof sy plig

 

daar in stille donker het wortel geskiet

onopvallend deur niemand bespied

tot eendag ervaar hy die sonnegloed

en bye wat zoem is deur hom gevoed

blare en bloeisels het hom versier

bloeityd is soos die prag van safier

 

maar winde het ook om hom gewoed

kleure en geure moes hy inboet

koue skadus het oor hom gedaal

asof die dood hóm wou kom haal

alle aantreklikheid het verdwyn

grys staan hy nou in koue maanskyn

 

wyslik is hierdie prys betaal

daar is meer wat die toekoms bepaal

wortels lê reeds diep in die grond

iets méér waardevol as vele pond

sy energie lê hièr verberg

teen die aanslag van verderf

 

tot op ‘n dag, dra jy jou vrug

lewer bewys, jy was geen klug

kraakvars en soet, só bevredigend

ontwaak in my die hoop van ‘n kind

sommiges sê dít word verbied

diep in my gees het wortel geskiet

Categories: Other | 1 Kommentaar

Post navigation

One thought on “saadjie

  1. Wow! DIEP!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

Create a free website or blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: